BKB se graanafdeling, GrainCo Holdings, bestaan uit verskillende maatskappye en het ook sy eie logistieke diens wat die vervoer van graan behartig. Dit sluit in GrainCo Trading, BKB Graanberging, Gritco en Alpha-Alfa. Die GrainCo-groep se hoofkantoor is in die Paarl en word in sy geheel deur BKB Groep besit.
■ BKB Graanberging hanteer alle graan- en voeropberging. Benewens tien Safex-geregistreerde depots, is daar ook vier voeropbergingsgeriewe waar kollaterale bestuur toegepas word.
■ GrainCo Trading behartig graanverhandelings, waaronder die doeltreffende vloei van graan vanaf die boer tot by die silo, depot, verwerker of kommoditeitshandelaar. GrainCo verhandel primêr koring, mielies, sojabone, sonneblomsaad, lusern, kunsmis en proteïenbronne (katoen, soja en sonneblomsaad).
■ Gritco is ’n geelmieliemeule by Bultfontein in die Vrystaat. Dit verskaf gemaalde mielies van ’n goeie gehalte aan die Suid-Afrikaanse mark,…