INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met $1,76/t (R25,15/t) tot $145,00/t (R2 072/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 8,5%, of $11,34/t (R162,05/t), hoër. Verwagte pryse: Des. – $143,69/t (R2 053/t), Mrt. 2019 – $147,87/t (R2 113/t), Mei – $150,94/t (R2 157/t), Jul. – $153,61/t (R2 195/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van wit mielies het met 4,4%, of R109/t, tot R2 396/t teenoor die vorige week gedaal. Geel mielies se prys het met 2%, of R50/t, tot R2 420/t gedaal. Op ’n jaargrondslag is wit mielies 21,3%, of R421/t, duurder, terwyl geel mielies 15,8%, of R331/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Des. – R2 395/t, Mrt. 2019 – R2 458/t, Mei – R2 512/t, Jul. – R2 533/t. Verwagte geelmieliepryse: Des. – R2 427/t, Mrt. 2019 – R2 471/t, Mei…