INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 0,85%, of $1,27/t (R17,74/t), tot $147,88/t (R2 066/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 2,6%, of $3,77/t (R52,66/t), hoër. Verwagte pryse: Maart – $147,47/t (R2 060/t), Mei – $150,62/t (R2 104/t), Julie – $153,69/t (R2 147/t), September – $155,19/t (R2 168/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van wit mielies het met 5%, tot R2 660/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geel mielies het met 2,7% tot R2 590/t teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is wit mielies 49,7%, of R883/t, duurder, terwyl geel mielies 39,1%, of R728/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Mrt. – R2 670/t, Mei – R2 750/t, Jul. – R2 792/t, Sept. – R2 852/t. Verwagte geelmieliepryse: Mrt. – R2 602/t, Mei – R2 640/t, Jul.…