INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 1,4%, of $1,89/t (R27,69/t), tot $136,53/t (R2 000/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 0,5%, of $0,66/t (R9,67/t), laer. Verwagte pryse: Desember – $145,35/t (R2 129/t), Maart – $150,23/t (R2 201/t), Mei – $153,69/t (R2 252/t), Julie – $156,37/t (R2291/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 2,7%, of R73/t, tot R2 775/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geelmielies het met 2,2%, of R57/t, tot R2 635/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is witmielies 18,7% duurder, terwyl geelmielies 10,5% duurder is. Verwagte witmieliepryse: Desember – R2 831/t, Maart – R2 851/t, Mei – R2 646/t, Julie – R2 685/t. Verwagte geelmieliepryse: Desember – R2 687/t, Maart – R2 669/t, Mei – R2 590/t, Julie – R2 580/t.
INTERNASIONAAL: Die…
