INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met met 1,7%, of $2,60/t(R38,54/t), tot $155,48/t (R2 305/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 5,5%, of $8,10/t (R120,07/t), hoër. Verwagte pryse: Desember – $153,69/t (R2 278/t), Maart – $158,50/t (R2 350/t), Mei – $161,09/t (R2 388/t), Julie – $163,46/t (R2 423/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 1,2%, of R35/t, tot R2 942/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geelmielies het met 0,9%, of R24/t, tot R2 840/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is witmielies 22%, of R531/t, duurder, terwyl geelmielies 16,7% duurder is. Verwagte witmieliepryse: Desember – R2 969/t, Maart – R2 965/t, Mei – R2 794/t, Julie – R2 806/t. Verwagte geelmieliepryse: Desember – R2 859/t, Maart – R2 840/t, Mei – R2 699/t, Julie – R2…