INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 1,4%, of $1,83/t (R31,66/t), tot $128,11/t (R2 216/t) teenoor die vorige week gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 26,7%, of $46,64/t (R806,93/t) laer. Verwagte pryse: Julie – $124,48/t (R2 154/t), September – $125,27/t (R2 167/t), Desember – $127,55/t (R2 207/t), Maart – $131,88/t (R2 282/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 3,5%, of R90/t, tot R2 485/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geelmielies het met 3,7%, of R100/t, tot R2 587/t gedaal. Op ’n jaargrondslag is witmielies 15%, of R440/t, goedkoper, terwyl geelmielies 9,5%, of R271/t, goedkoper is. Verwagte witmieliepryse: Aug. – R2 503/t, Sept. – R2 525/t, Des. – R2 610/t, Mrt. – R2 637/t. Verwagte geelmieliepryse: Aug. – R2 624/t, Sept. – R2 636/t, Des. – R2 715/t, Mrt.…