HULP VIR HONGER GESINNE
Die hoenderprodusent Country Bird Holdings het onlangs met die samewerking van die hulporganisasies WeCan en die Atterbury Trust ’n kosskenking gemaak aan 222 hulpbehoewende gesinne verbonde aan die Laerskool Westerlig in Pretoria-Wes. Mnr. Erich Cloete, skoolhoof, sê talle gesinne in die skool se omgewing leef van die hand tot die mond. Vir baie kinders is die etes wat hulle voor die inperking by die skool gekry het, hul enigste maaltyd per dag. Supreme Chicken het 1 ton hoendervleis aan WeCan se voedselhulpprojekte geskenk. Die oorblywende 560 kg sal in WeCan se ander hulpprojekte gebruik word. FOTO: VERSKAF
GEEN PLAN
Die Land Bank het nog geen beleid of plan gereed indien onteiening sonder vergoeding wet word nie, het mnr. Tito Mboweni, minister van finansies, erken in ’n…