‘Dit maak boere taamlik moedeloos, veral as hulle probleme aanmeld, maar daar word nie daaraan aandag gegee nie. ’
DR. JACK ARMOUR, bedryfsbestuurder van Vrystaat Landbou, oor verwaarlooste Eskom-infrastruktuur wat brande veroorsaak. Bl. 17
‘Hoër beskikbaarheid van mielies en soja sal ook die mieliemaalbedryf, rooivleisprodusente, suiwelprodusente, varkvleisprodusente en menslike voedselmark rakende beskikbaarheid en prys bevoordeel.’
MNR. DE WET BOSHOFF, voorsitter van die vereniging van veevoervervaardigers (Afma), oor die dominoeffek van hoër plaaslike hoendervleisproduksie. Bl. 14
‘Melkkopers wat verwag het dat die groot mielie-oes goedkoper onverwerkte melk beskikbaar gaan stel, sal dringend moet herbesin.’
MNR. BERTUS VAN HEERDEN, hoofekonoom van die MPO, oor melkverwerkers se onlangse verlaging in plaashekpryse aan boere. Bl. 21
‘Begin by enkele groot belanghebbendes en kyk wat gedoen moet word om dit te laat werk.’
DR. JOHN…