INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 1,2%, of $1,92/t (R29,34/t), tot $166,55/t (R2 545/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 15,5%, of $22,33/t (R341,20/t), hoër. Verwagte pryse: Januarie – $167,79/t (R2 564/t), Maart – $171,33/t (R2 618/t), Mei – $172,28/t (R2 632/t), Julie – $172,51/t (R2 636/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 1,6%, of R54/t, tot R3 460/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geelmielies het met 0,3%, of R10/t, tot R3 395/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is witmielies 21,5%, of R612/t, duurder, terwyl geelmielies 23,7%, of R651/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Jan. – R3 428/t, Mrt. – R3 445/t, Mei – R2 950/t, Jul. – R2 904/t. Verwagte geelmieliepryse: Jan. – R3 400/t, Mrt. – R3 375/t, Mei – R3 000/t, Jul.…