INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 3,1%, of $6,87/t (R100,37/t), tot $215,16/t (R3 143/t) gedaal. Op ’n jaargrondslag is dit 44,1%, of $65,79/t (R961,15/t), hoër. Verwagte pryse: Maart – $213,77/t (R3 123/t), Mei – $213,38/t (R3 117/t), Julie – $209,91/t (R3 067/t), September – $189,83/t (R2 773/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 2,1%, of R67/t, tot R3 262/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geelmielies het met 0,5%, of R16/t, tot R3 326/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is witmielies 18,9%, of R518/t, duurder, terwyl geelmielies 31,5%, of R796/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Maart – R3 160/t, Mei – R3 081/t, Julie – R3 061/t, September – R3 123/t. Verwagte geelmieliepryse: Maart – R3 322/t, Mei – R3 228/t, Julie – R3 188/t, September – R3 246/t.
INTERNASIONAAL:…