INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 1,2%, of $2,50/t (R37,96/t), tot $219,80/t (R3 337/t) gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 48,5%, of $71,76/t (R1 089,48/t), hoër. Verwagte pryse: April – $212,43/t (R3 225/t), Mei – $208,34/t (R3 163/t), Julie – $195,50/t (R2 968/t), September – $188,65/t (R2 864/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 0,1%, of R3/t, tot R3 277/t teenoor die vorige week gedaal. Die prys van geelmielies het met 0,2%, of R7/t, tot R3 402/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is witmielies 11,5%, of R337/t, duurder, terwyl geelmielies 31,1%, of R807/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: April – R3 250/t, Mei – R3 180/t, Julie – R3 120/t, September – R3 186/t. Verwagte geelmieliepryse: April – R3 360/t, Mei – R3 288/t, Julie – R3 240/t, September – R3 307/t.…