-30% ’n Nuwe voerbymiddel vir beeste wat van sitrus- en knoffelekstrak gemaak is, kan hul metaangasvrystellings met gemiddeld 30% verminder, volgens die vervaardiger, Mootral, ’n Brits-Switserse maatskappy. Die bymiddel verminder volgens Mootral die metaangasvrystellings met die ekwivalent van nagenoeg een ton koolsuurgas per bees per jaar. Mootral omskep hierdie besparings in koolstofkrediete wat deur die wêreldwye akkreditasieprogram Verra goedgekeur is. – CNN Business
R153,1 miljard Diere en diereprodukte het, teen R153,1 miljard, in 2019 volgens nuwe data van Statistieke SA die meeste verkope gegenereer. Tuinbouprodukte het R86,3 miljard verdien, en gesaaides R61,9 miljard. Die algehele inkomste uit die landbou en verwante landboudienstesektor het van 2017 tot 2019 met 5,8% gestyg, van R314 miljard tot R351,4 miljard. Oor dieselfde tydperk het uitgawes in die sektor met 6,9% gestyg tot R330,4 miljard,…