Die Meestersuiwelboer-prysoorhandigingsgeleentheid is onlangs virtueel aangebied deur Agri-Expo namens die nasionale melkaantekening-en-verbeteringskema van die Landbounavorsingsraad (LNR). Dié kompetisie vereer Suid-Afrika se beste kommersiële en kleinskaalse presteerders in die bedryf. Die wenners is, van links, ME. NOMPE ZIM (Zim-melkery, Kestell, Vrystaat), Kleinskaalse Meestersuiwelboer van die Jaar en spesiale LNR-eerbewys vir innoverende ontwikkeling deur 'n suiwelprodusent, MNRE. JK BASSON (JK Basson-familietrust, Darling, Wes-Kaap), SA Meestersuiwelboer van die Jaar, JJ NEL (JJ Nel-familietrust, Ladismith, Wes-Kaap), kudde met die beste somatiese seltelling, en SIPHO NONDLEBE (Middeldrift-melkery, Middeldrift, Oos-Kaap), kudde met die beste tussenkalfperiode.
Veeboere het die hoogste eerbewyse ontvang op ’n galadinee tydens die jaarlikse LRF-Veeskool by Aldam naby Ventersburg. Die driedaagse Veeskool is regstreeks bygewoon asook aanlyn gevolg deur boere en betrokkenes in Suid-Afrika, Namibië, Zimbabwe en ander Afrikalande. MNR. RIAAN en ME.…