INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 2,1%, of $5,16/t (R77,81/t), tot $255,23/t (R3 849/t) gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 18,6% hoër. Verwagte pryse: Maart – $257,70/t (R3 886/t), Mei – $257,15/t (R3 878/t), Julie – $254,79/t (R3 842/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 0,1%, of R2/t, tot R3 635/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geelmielies het met 1,1%, of R40/t, gedaal. Op ’n jaargrondslag is witmielies 11,4%, of R373/t, duurder, terwyl geelmielies 12,4%, of R414/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Maart – R3 597/t, Mei – R3 610/t, Julie – R3 637/t. Verwagte geelmieliepryse: Maart – R3 740/t, Mei – R3 764/t, Julie – R3 763/t.
INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 2,4%, of $6,67/t (R100,59/t), tot $290,63/t (R4 383/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n…
