INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 6,4%, of $15,98/t (R276,69/t), tot $265,31/t (R4 594/t) gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 34,5%, of $68,01/t (R1 177,59/t), hoër. Verwagte pryse: Desember – $269,67/t (R4 669/t), Maart – $271,09/t (R4 694/t).
PLAASLIK: Die Safexprys van witmielies het met 1,3%, of R60/t, tot R4 680/t teenoor die vorige week gestyg. Die prys van geelmielies het met 1,2%, of R55/t, tot R4 635/t gestyg. Op ’n jaargrondslag is witmielies 58,9%, of R1 735/t, duurder, terwyl geelmielies 49,8%, of R1 540/t, duurder is. Verwagte witmieliepryse: Desember – R4 770/t, Maart – R4 752/t. Verwagte geelmieliepryse: Desember – R4 731/t, Maart – R4 722/t.
INTERNASIONAAL: Die Chicagoprys het met 0,9%, of $2,62/t (R45,37/t), tot $295,63/t (R5 119/t) teenoor die vorige week gestyg. Op ’n jaargrondslag is dit 14,4%,…