Die res van Afrika bly Suid-Afrika se enkel grootste streeksmark vir die uitvoer van landbouprodukte. In randwaarde het dié mark in 2022 sowat 35% van Suid-Afrika se algehele landbou-uitvoer beloop, sê mnr. Wolfe Braude van Agbiz. Dit is gevolg deur Asië (28%) en die Europese Unie (EU, 21%).
Suid-Afrika het basies twee formele vryhandelsooreenkomste. Eerstens is daar die ekonomiese vennootskapsooreenkoms (EPA) tussen die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (Sadu) se EPA-lede en die EU-lidlande; die EPA vervang die handelshoofstuk van die handels-, ontwikkelings- en samewerkingsooreenkoms met die EU.
Daar is ook ’n ooreenkoms tussen Sadu en die Europese vryhandels-assosiasie, wat bestaan uit Ysland, Liechtenstein, Noorweë en Switserland.
Ingevolge ’n bemagtigingsklousule van die Wêreldhandelsorganisasie is Suid-Afrika ook ’n voorkeurooreenkoms (PTA) aangebied deur die EU, Noorweë, Switserland, Rusland, Turkye, Kanada, Japan en Amerika. Daarbenewens het…