Seisoenale veranderinge beïnvloed jou gedrag en gemoedProf. Piet Oosthuizen Winter. Selfs “God in Sy vakansiewoning”, maak nou “die gordyne dig”, sing Laurika in “Winter”*.
Maar jý moet steeds wikkel en roer, produktief wees, elke dag op jou pos.
Gelukkig is ons Suid-Afrikaners, met ons sonskyn-winter, nie so uitgelewer aan seisoenale gemoedsteuring (seasonal affective disorder of SAD) soos inwoners van die Noordelike Halfrond nie. (Sien kassie op bl. 118.) Maar selfs al ly jy nie aan SAD nie, beïnvloed seisoenale veranderinge tog jou gedrag en gemoed, volgens prof. Piet Oosthuizen, Kaapstadse psigiater.
Winter-blues, winter-blahs, noem dit wat jy wil. Dis simptome soortgelyk aan SAD, net minder intens. Jy voel “af ”, sukkel om soggens op te staan, slaap baie, het ’n craving vir koolhidrate (lekkers, koekies, brood) en sit gewig aan,…