Dis ’n mooi dag op Franschhoek, laatwinter, ’n kleurryke groep mense bondel saam onder ’n groot boom voor ’n bekende restaurant. Daar is tafels met blomme, glase en baie wyn, groot borde met pasteie, koeke en ’n reënboog van ander eetgoed. In die kombuis is van die land se bekendste kosname aan die woel, Reuben Riffel, Margot Janse, Hetta van Deventer, Carianne Wilkinson en vele meer. Daar is ook baie foto’s, in rame, teen mure, gemonteer op groot borde, foto’s van ’n legendariese lewe. Mense maal rond, sommige is geklee in boheemse kaftans, ander in die nuutste modes, ander formeel in swart, ander met hooftooisels van vere of blomme. Hulle beduie, gesels en lag kliphard. Die meeste het sonbrille op, dit lyk soos die gaste by ’n internasionale modeskou, sonbrille…
