Dis die liefde van ’n ma vir haar twee seuns wat my 2016 sal laat onthou soos die eerste paar note van Beethoven se “Silencio”.
’n Ma se liefde ‘Fyn, stil note oor die brose, kosbare liefdesverhouding . . .’ Hanlie Retief, Rapport Een oomblik op ’n grondpad naby Ellisras het die lewe vir die Boshoffgesin onherroeplik verander.
Elena, jonk, lewenslustig met ’n allermooiste glimlag, was in 1983 met haar seuns, Matthys en Willem, en hul sussie, Lisa, op pad na hul Bosveldplaas toe ’n motorongeluk Lisa se lewe beëindig en Elena ’n kwadrupleeg gelaat het.
Die Boshoff-gesin se verhaal is vol fyn, stil note oor die brose, kosbare liefdesverhouding tussen Elena en haar man, Bossie. Van jare se oppe en affe, die uitdagings van ’n rolstoel-lewe, die opofferings wat…
