ONS VERSTAAN NIE ALTYD ONS WÊRELD NIE.
Waarom ons dink soos ons dink en doen soos ons doen.
Maar dan kom ’n kenner of twee en haak dinge soomloos aanmekaar en alles is klokhelder.
Kyk maar na Marsala, die kleur van die jaar. Toe ons nog wonder vanwaar dié bruinrooi, begin dit sy plek volstaan – handsakke, skoene, syhemde, lipstiffie, naellak, bakkies, borde, stoele, verf. So pas het model Naomi Campbell onder applous met ’n manjifieke Marsalakleurige aandrok op die loopplank in Parys verskyn. Ryk, luuks soos verouderde wyn.
Waarom juis dié skakering? Dit het gravitas, sê dié wat weet, en wys wat die mensdom nou soek – vastigheid in ’n wêreld wat ons dikwels as onderstebo ervaar.
En so verskaf die kenner van wêreldtendense Li Edelkoort onlangs nóg ’n…
