Ná net twee oggend-wildritte waartydens die son skaars opgekom het oor die bos, het ons reeds ’n legio diere gesien: allerhande bokke, voëls, ’n swart mamba, blouwildebeeste, skilpaaie, vlakvarke én drie van die Groot Vyf – leeus, renosters en olifante.
Vir baie Suid-Afrikaners is dit net nóg ’n wegbreek in die Bosveld, maar dis wanneer jy die “oe’s” en “aa’s” van die Nederlanders, Franse en Britte saam met jou in die voertuig hoor, dat jy opnuut besef hoe merkwaardig Suid-Afrika is, veral dié wêreld met sy oranjerooi sonsondergange, doringbome en uitgestrekte graslande.
In die Bosveld is wildlodges te kies en te keur, maar as jy lus is vir ’n luukse ervaring om ’n spesiale geleentheid te vier, of om jouself sommer net te bederf, is Fifty Seven Waterberg die ideale…