‘Jou grootste talente is dikwels begrawe, daar waar niemand dit kan sien nie,” het Titus Maccius Plautus, antieke Romeinse dramaturg, rondom die 3de eeu v.C. gesê.
Grafiese kunstenaar Julia Anastasopoulos, beter bekend as die komiese karakter Suzelle, het nooit gedink sy sou mense kon vermaak nie. Nou, ’n jaar nadat sy en haar regisseursvriend, Ari Kruger, ’n bietjie rondgespeel het met hul gesamentlike talente, lag sy breed.
Want danksy YouTube, ’n webtuiste waar mense video’s deel, het Julia met haar Suzelle DIY-handelsmerk die land aan die praat met haar kort, skreeusnaakse doen-dit-self-video’s. Sy kry tot 150 000 klikke per episode. Op 15 Oktober reik sy, as dié gewilde karakter, ook die boek Suzelle DIY: Die boek* (Human & Rousseau) uit. Suzelle is ook tans saam met Nataniël in die nuwe…
