AS KAAP EN PRETORIA TROU
Dis ek, Plain Jane van Pretoria, plat op die aarde, alewig gejaagd weens die verkeer. Bets. So noem my liewe, nuwe skoonfamilie uit die Kaap my. Soveel liefde vir hierdie mense. Hulle het flair. Kaapse kuns is darem bitter mooi, hulle pas snaakse kleure bymekaar wat in Pretoria nie sin maak nie, hulle dek nog tafel en heg soveel waarde aan fyn detail – suiwer Afrikaans, puik wyn, kerslig en Anton Goosen.
In September trou ek met ’n sjarmante Kaapse man. Ek is “tjap” met ’n diskolig, sjiek braaivleis, opgejazzde roosterkoek en tuinblomme, Eden en stofpad, alles met styl natuurlik. Hoëveldse styl. Skoonma egter nie. Hierdie troue het elegansie, elke detail haarfyn beplan . . . drie maal, vier maal oor.
Van tafeldoeke tot kousband.…
