Die droogte wat ons die afgelope jare geteister het, het almal van ons geraak. Intens het ons bewus geword van die voorreg, die vreugde van water. En as jy in die Suid-Kaap bly, het jy ook bewus geword van vuur, die verskrikking van vlamme wat deur ’n oerbos vreet en alles in sy pad verswelg: bome, huise, diere, mense.
Water en vuur, die genadelose tweeling.
Ek het die droogte én die vuur as’t ware op my voorstoep beleef. Ek het gesien hoe die oerwoud om my verdroog, het agtergekom dat die woud stadig begin sterf. En tydens die brande in die Suid-Kaap het vriende van my alles wat hulle besit, in die vlamme verloor: huis, meubels, klere, álles. Genadiglik nié hul lewens nie.
Ons het bewus geraak van vuur en…
