’n Nuwe lewe in Switserland, die land van Heidi, blou berge, skoon lug, en alles wat mooi is . . . Idillies, is die meeste mense se reaksie op dié prentjie.
Vir Wiida Garbers was dié vooruitsig eerder soos om jou hare kort te sny. “Op die dag self voel jy opgewonde, bevry, jonk en mooi. Tot jy besef . . . jou hare is áf. Dan skop die werklikheid in!”
Toe haar man, Hein, vroeër vanjaar die nuus kry dat hy na Switserland verplaas word deur die internasionale farmaseutiese maatskappy waar hy al 20 jaar werk, het Wiida, ’n boeremeisie van Pretoria, soos sy haarself beskryf, gewéét hul gesin sal moet gaan.
Dit was een van daardie situasies waar die kop en hart met mekaar stry, vertel sy. “Jou…
