Egskeidings en enkelma’s
Die egskeidingsyfer styg, soos Statistieke Suid-Afrika se nuutste syfers pas weer wys.* Enkelgesinne is ’n werklikheid, so ook ma’s wat dikwels die verantwoordelikheid alleen moet dra. Dis dikwels harde bene kou, maar vroue glo ons kán. Ons het daardie innerlike krag en kan die mas alleen opkom. Ivan Botha, akteur, regisseur, draaiboekskrywer en filmvervaardiger, sê liefde kan baie gapings vul
“Ek weet van baie suksesstories waar kinders by net hul ma grootword. Vroue is baie sterker as wat baie mans dikwels dink. Ons dink vroue kan nie sonder mans nie, dis glad nie so nie. Ek en Donnalee [Roberts, aktrise, draaiboekskrywer, vervaardiger en sy verloofde] kom uitstekend oor die weg met my gewese vrou, Ciske, en haar man, Kristof Kruger. Ons het twee gelukkige huise vir my…
