As jy verwag dat mense van jou gaan hou, is dit inderdaad die gevalPsyBlog “As ek so min moontlik verwag, kan ek nie seergemaak word nie,” sê Susan Sontag, Amerikaanse skrywer, filmmaker en politieke aktivis in haar dagboek*.
Is jóú glas halfvol of halfleeg? As jy, soos Sontag, die minste verwag omdat jy teleurstelling wil vermy, skiet jy jouself dalk in die voet. Volgens navorsing het optimiste ’n voorsprong bo hul pessimistiese maters. Daar is ’n lang lys voordele as jy ’n optimis is, waaronder beter gesondheid en ’n langer lewe (sien kassie op oorkantste blad).
Want ja, optimiste is geneig om langer te leef, selfs tot 85 jaar en ouer, het ’n studie pas bevind. Hoekom dit so is, is nie mooi duidelik nie. Volgens die navorsers dui nog…
