Drie weke in ’n elegante, ouwêreldse woning met ’n lowergroen tuin op Somerset-Oos in die Oos-Kaap, waar jy onverstoord kan skryf . . . Die Jakes Gerwel Stigting en die Suidoosterfees bied belowende jong dramaturge dié kans om hul talente in prof. Gerwel, beskermheer van die kunste, se geliefde Paulet Huis te slyp. Abduragman Adams, akteur, regisseur, dramaturg en dosent, sal as mentor optree. Ná sy dood in 2012 het prof. Gerwel se weduwee, Phoebé, die huis aan die stigting geskenk om dit as skrywershuis in te rig. Stuur teen 26 Junie jou CV, nuwe dramateks of ’n uittreksel daarvan aan Theo Kemp by theo@jgf.org.za. Suksesvolle kandidate se reis-en verblyfkoste word gedek, en hul finale tekste sal vir die fees oorweeg word.…