Ek’s ’n vrou vir ’n plan, wel ’n plan van ’n soort.
Want jy kan ook maklik dinge voos beplan en die lekker uit die lewe haal. Maar hier’s die ding, goeie beplanning orden tog jou gedagtes en wys hoe jy van A-Z moet kom. Soos dit tans in die wêreld gaan, klink dit ál meer na ’n blink gedagte, want nie een van ons kan nóg ’n Covid-jaar so half in afwagting, so half hoopvol, so half besluiteloos ingaan nie.
In 2022 moet ons ’n plan hê! Wel, soort van.
In my lange loopbaan in die media het ek al iets van als gesien. Mense wat vas en los met planne werk.
Daar’s dié met gróót en belangrike planne. Hulle beïndruk met jaarplanne en vyfjaarplanne. Sukses, sê hulle, is…
