Elke aand om sewe. Jy kan nog daardie 7de Laan-deuntjie van die Soweto String Quartet hoor.
Op 4 April 2000 het ’n nuwe sepie op SABC2 ons lewens kom verander, en 7de Laan se storielyne was dadelik verslawend. Die vervaardigers, Danie Odendaal en Annie Basson, het presies geweet watter persoonlikhede hulle saam in die rustige Hillside moes gooi om ’n kookpot van emosies te laat borrel en prut.
7de Laan se jong akteurs Bertha Wahl, Neil Sandilands, Melanie du Bois en Antoinette Louw, wat almal onlangs 50 geword het, was ons lieflinge. Emma, Bart, Felicity en Inge.
Elsa Krüger, vanaf 2001 tot 2004 die reklamekoördineerder, sê sy hoor nog die spul in die berugte “green room” jol. “Hulle was soos Danie en Annie se kinders.”
Die 7de Laan-droom het 24…
