WIE WOON HIER? Craig Olckers en sy Boston-terriër, Jackson
WAAR Wynberg, Kaapstad
GROOTTE 125m² (huis en losstaande kothuis)
Klein ruimte, daarom ’n subtiele palet? Nimmer as te nooit. Trouens, Craig Olckers sou sy oë hóórbaar rol. Dié bloemis wat deesdae ook interieur-ontwerper is, is nie juis bekend vir veilige of voorspelbare keuses nie, soos ons gesien het in sy vorige huis in ons Mei 2018-uitgawe.
Craig het sy amper eeu oue huis in Desember 2019 gekoop. Die interieur was verby sy fleur, maar as hondeliefhebber het hy gevoel die ruim agterplaas vergoed hiervoor. “Ander pluspunte was die aantreklike fasade, lieflike hoë plafonne, skuifraamvensters, ’n soldervertrek en ’n kothuis agter,” sê Craig.
Maar drie maande later was die wêreld agter slot en grendel weens die Covid-19-pandemie en as onafhanklike bloemis –…
