En toe skakel DStv van die e.tv-kanale af. Ons inbokse loop oor en die SMS-lyn gons oor klagtes van lesers wat nie meer toegang tot eExtra, eMovies, eMovies Extra en eToonz het nie. En dit net voor die finale episode van die telenovelle Die Put uitgesaai is. Multichoice het in April vanjaar besluit om nie langer dié kanale op DStv beskikbaar te stel nie, en e.tv is na die Mededingingstribunaal om daaroor te beslis. Die tribunaal het in DStv se guns beslis en hulle het die kanale direk daarna afgesit, sonder enige waarskuwing. Die enigste maniere om nou toegang tot die kanale te kry, is deur ’n Openviewdekodeerder, of om te kyk watter programme op e.tv se stroomdiens, eVOD, beskikbaar is.
En indien jy dit misgeloop het, die kanaal fliekNET…
