The Plant Library is ’n puik bron van inligting vir Suid-Afrikaanse tuiniers en landskapontwerpers wat graag inheems én ekovriendelik wil tuinmaak. Die webwerf help jou om die regte plante vir jóú tuin met sy unieke behoeftes te kies. Jy word gelei deur verskeie kriteria: habitat, seisoene, ryp, waterbehoeftes, natuurlewe, streke, reënval, A-Z, tuinsituasies of kategorieë.
Onder “Habitat” kan jy byvoorbeeld kies uit grasvlakte, rotsagtige plekke, warm en droë plekke, die Oos-Kaapse-kus, Wes-Kaapse fynbos, dammetjies en vleilande, en strate. “Tuinsituasies” het weer onderafdelings met planne vir skaduwee, pottetuine, tuine wat baie wind kry, klein spasies en sekerheid. “Kategorieë” waaruit jy kan kies, sluit in klein tot groot bome en struike, grondbedekkers, vetplante, meerjarige plante, klimplante en bolplante.
As jy dan byvoorbeeld op bolplante klik, kan jy kies of die plek in…
