Anita Lalor
Eienaar van die Cape Robin-gastehuis
Anita en haar man, Brendan, het sedert 1976 altesame 26 keer getrek – van Upington na George na Colesberg na die Paarl na Alberton na Kimberley na Clanwilliam na Ladismith, van waar hulle sewe jaar gelede Leipoldtville toe getrek het. Hier, sê sy, wil sy nie weggaan nie
Sy mis wel haar seun, Erin, wat in Switserland woon, veral nadat haar dogter, Frances, aan wie sy’n nier geskenk het toe dié in st. 9 was, drie jaar gelede op 33-jarige ouderdom oorlede is. “Sy het siek geword nadat hulle’n snytjie in haar tandvleis moes maak en die een aaklige ding op die ander gebeur het, totdat haar haar organe begin ingee het. Snaaks genoeg was dit haar nier wat tot heel laaste gewerk…
