Groei is iets wat haar fassineer, sê Annatjie Truter, ’n onderwyseres van Frankfort in die Vrystaat – of dit nou ’n plant, dier of mens is.
Annatjie vertel haar tuinhulp, Petrus Ngozo, werk al 13 jaar lank twee dae per week by haar. Hulle werk saam om plante en steggies in te lê en hy het ’n fyn aanvoeling vir tuinmaak.
“Ek het ’n informele tuin met ’n paar reguit lyne, heinings en randakkers vir struktuur. Die beddings bestaan uit ’n mengelmoes van plante – verskillende soorte laventel, inkalelies, aronskelke, rose, kruie, agapante, vlasse, irisse, berberisse, daglelies, gauras en vuurpyle wat deurmekaar groei. En dan is ek ook ’n vetplantliefhebber: Vir my is woestynrosies en spekbome albei ’n wenner.”
Vir Petrus is die tuinwerk by Annatjie net net ’n werk…
