Ter wille van oorlewing
Nadat Pat Pick se voete op ’n dag in sy nuutgekoopte abbawa natgereën het, het dié Wit-banker besluit dis tyd om sy eie patent in die mark te stoot. Sy Survivor is ’n veselglaskajuit wat op enige enkel- of dubbelkajuitbakkie sowel as die tusseninmodelle (soos Mitsubishi se Clubcab) pas. Die dak van die Survivor lig danksy lugstutte en ’n 6 bar-lugdrukpomp met die druk van ’n knoppie op. Die afdak reg rondom moet jy self opslaan.
Wat is standaard? ’n 5,5 l-gasgeiser, 90 l-ysvrieskas, gasstoof, 130 l-watertenk, hoëdrukwaterpomp, 255W-sonpaneel, verlengde dubbelbed (2 m) en kassettoilet.
Gewig: 230 kg.
Prys: R200 000 (volledig toegerus).
Kontak: 082 893 3683; pat@mokse.co.za
Kry jou ry in Dinokeng
Dinokeng is Gauteng se enigste Groot Vyf-park en boonop minder as ’n uur…
