'n Werkswinkel spesiaal vir jou jeep, Chrysler of Dodge
American SUV, wat eers as The Service Centre Centurion sake gedoen het, is in 2001 gestig. In 2004 het die eienaar, Carel Hoffman, die behoefte raakgesien vir 'n private werkswinkel wat slegs na Jeep-, Chrysler en Dodge-voertuie omsien, en ons het in die voertuie begin spesialiseer. Ons diens en herstel Jeeps, Chryslers en Dodges en voer ook onderdele in vir die voertuie.
American SUV is 'n lid van die bedryfs organisasie vir motorkleinhandelaars (RMI) en die beheerliggaam vir motorwerkswinkels in Suid-Afrika (MIWA).
By ons goed toegeruste, werkswinkel gee ons spesialistegnici en klantedienspersoneel jou uitsonderlike en tydige
diens teen die regte prys. Ons gebruik moderne gereedskap en diagnostiese sag- teware om jou voertuig to diens, herstel en onderhou. Ons herstel elektriese foute,…
