Jurgens is sinoniem met woonwaens, en ’n mens vereenselwig dié vervaardiger met padwoonwaens vir die hele gesin. Die dag as jou skip inkom, kan jy die room van hulle reeks, die Exclusive Deluxe, aanskaf. Maar jy hoef nie hoog en droog te sit en wag dat die gety eers vir jou draai nie, want Jurgens het ook ’n klein kampwa.
Die XT65 is in wese ’n sleepwa met ’n daktent bo-op, maar sy romp lyk soos dié van ’n tipiese boswa. Daar is onder meer plek vir ’n ys-vrieskas én hy het ’n kragstelsel, ammokiste en ’n gasstoof.
Met die XT65 het jy kampgerief... en ja, jy mag hom met ’n gewone rybewys sleep.
Laai in, laai uit
Die meeste boswaens se romp is ’n eenheid met deure waaragter rakke,…