1 Maloutswa, Mapungubwenasionale park, Limpopo
Die dierelewe by die Maloutswa-watergat is byna te goed om waar te wees. Dit is asof Mapungubwe se eie werklikheids-TV-reeks voor jou afspeel wanneer jy jou sit in die skuiling gekry en die verkyker se lensdoppies afgehaal het.
Die olifante is die sterre in dié geweste, met hordes van hulle wat kom drink. By tye is hulle só naby aan die skuiling dat dit amper voel jy kan aan hulle vat.
Die byspelers is verskeie spesies soos rooibokke, vlakvarke, sebras, blouwildebeeste, blouapies, kolganse, bruinslangarende... noem maar op.
’n Mens kan ure lank hier sit en foto’s neem, of sommer net kýk. Die diere kom en gaan en daar is gewoonlik aksie. Veral die olifante wat kom afkoel, is ’n gesig – die blink modder op…