VISKOEKIES
Viskos uit ’n blik
Dié resep is so maklik soos val uit ’n boom en kan met enige geblikte vis gemaak word. Dreineer net die vis vooraf goed, anders sal die koekies nie lekker bind nie en breek wanneer jy hulle bak.
Jy benodig (maak sowat 10 koekies)
’n halwe ou witbrood, gerasper 2 eetlepels botter 2 uie, fyngekap ’n groot hand vol pietersielie, fyngekap 1 teelepel rissiemasala 2 eiers 3 blikkies (410g elk) vis – gebruik tuna, sardyne, salm óf ’n mengsel sout, peper en suurlemoensap na smaak 2 eetlepels bakpoeier 2 koppies kapokaartappels 2 koppies kookolie Só maak jy 1 Meng die broodkrummels, botter, uie, pietersielie, masala en eiers in ’n aparte bak – jou hande werk die beste hiervoor.
2 Dreineer die vis goed sodat jy…