Die Hoefer-groep, ’n Amerikaanse woonwavervaardiger met ’n aanleg in Swaziland, het pas bekend gemaak dat GC Caravans in Witbank sy plaaslike handelaarskap is. Charles Hoefer, die groep se uitvoerende hoof, sê sy waens gaan vir die afsienbare toekoms net beskikbaar wees by dié handelaarskap, waar Michael Hammond en Neil Volschenk aan die stuur staan. Michael en Neil is die afgelope jaar al besig om saam met Charles ’n hiperluukse wa – die Azzero Premium All Terrain-woonwa – te ontwerp. Die Azzero, wat ewe tuis sal wees op teer- én grondpad, is van die langer waens op die mark en is 7,57 m lank, 2,4 m breed en 2,6 m hoog. Die beoogde tarragewig is 1 200 kg, wat volgens Charles twee yskaste (193 l en 93 l), lugreëling, ’n noodwiel…