Armadillo se nuutste wa, die Lite, wat nog net ’n prototipe was, is nou nog ’n tree nader daaraan om ’n produksiemodel te word. Fanie Botha, die eienaar, sê hy moet nog een of twee klein sakies uitpluis, onder meer die gewig van die dak.
Die Lite laat ’n mens dink aan die outydse opslaanwoonwaens waar die platgeslaande wa laer as die dak van die sleepvoertuig is.
Die Lite het ’n dubbelbed binne wat in die breedte dubbeld vou sodat ’n mens op die twee bankies kan sit. Fanie sê hulle gaan ook ’n tafelblad inbou wat van die opgeslaande bed se kant af tussen die twee bankies oorslaan.
Die syfers 4,4 (l) x 1,8 (b) x 1,55 m (h); tarragewig 860 kg; BVM 1,6-1,8 t (die BVM en tarragewig…