Die kragleweringstelsel (powertrain) bestaan uit jou voertuig se binnebrandenjin, ratkas, dryfasse (drive shafts), oordraratkas (transfer case), ewenaarratte (differential gears), dwarsasse (side shafts) en wiele. Dit is dus die hele meganiese boksemdais wat jou 4x4-trokkie laat beweeg.
’n Aandrywingstelsel (drivetrain), daarteenoor, sluit die enjin en wiele uit en fokus slegs op die ratkas, voorste en agterste dryfas, oordraratkas, ewenaarratte en al vier dwarsasse.
Die eindaandrywing (final drive) van jou bostrok beskryf slegs sy ewenaarratte en dwarsasse. Terloops, by ’n motorfiets is die eindaandrywing gewoonlik die ketting en agterste tandrat.
’n Viertrekstelsel behels die lewering van krag aan al vier wiele teenoor slegs die voorste óf agterste twee. Alle motors, hetsy voorwiel-, agterwiel- of allewielaangedrewe, maak gebruik van ewenaarratte.
Waarom ewenaarratte? In veldrytoestande draai nie een van jou voertuig se wiele teen…