Die Paarlvallei is oorspronklik deur die Cochoqua bewoon, ’n welvarende Khoi-stam wat hoofsaaklik met vee geboer her. Die Cochoqua het die berg bo hulle vallei !hom !nãb/s – ofdan Skilpadberg
– genoem, en later, in 1657, het ’n fiskaal van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie, ene Abraham Gabbema, die Skilpadberg tot “de Diamondt en de Peerlberg” herdoop omdat die berg se grootste granietkoepels ná ’n reënbui in die middagson geskitter het. Peerl, ou Nederlands vir pêrel, sou later Paarl word.
Die granietkoepels wat ou Abraham so beïndruk het, heet vandag Bretagne- (Frans vir Brittanje) en Gordonsklip (genoem na die verkenner Robert Gordon), en ’n derde, kleiner koepel die naaste aan die dorp is die pêrel van die Paarl.
Die roete soos ons hom hier ry, begin by die Afrikaanse Taalmonument. Volg…