Daar is geen tekort aan kampplekke in Suid-Afrika nie. Met ’n geskatte 700 van hulle – sommige meen dit kan tot 1 000 wees – is kampeerders bederf met ’n ruim aanbod. Tog is nie almal van hulle troeteldiervriendelik nie, en omdat ons so gereeld navrae ontvang, het ons besluit om hierdie gids saam te stel van kampplekke waar jou dierekinders ook welkom is.
Ons het nie net in ons argief teruggeblaai nie, maar ook op die foon en die wêreldwye web gespring om al die inligting vir jou bymekaar te maak van plekke wat jou én jou troeteldiere verwelkom. Dis egter maar die oortjies van die seekoei, want hierdie verteenwoordig maar die helfte van die troeteldiervriendelike kampplekke in die land.
As alles volgens plan verloop, stel ons volgende jaar…