DIE TIFFINDEL SKI & ALPINE RESORT is 2 720 m bo seevlak in die Oos-Kaapse Hooglande aan die hange Ben McDhui (3 001 m), die hoogste piek in die Oos-Kaap.
Tiffindell is ’n ten volle toegeruste wintersneeuoord. Jy kan jou ski-voete kom vind, jou skivaardighede afrond en toerusting aankoop. Die oord het puik ski-hange en bied elke jaar skigeleenthede in Junie, Julie en Augustus. Die sneeu is ’n mengsel van natuurlik én mensgemaak.
In die somer, lente en herfs is Tiffindell ’n ander speelplek en bied staproetes, bergfietstoere, grasski, bergplankry, fotografie, rotskuns, voëlkyk, quadroetes, vlieghengel en die bekende Agtpasseroete vir motorfietsryers en 4x4’s. Tiffindell is ook bekend vir sy unieke alpeflora.
EEN GELUKKIGE INTEKENAAR KAN ’N WEGBREEK BY TIFFINDELL WEN, WAT DIE VOLGENDE INSLUIT:
Blyplek vir 3 nagte buite seisoen…