Diamond T Gift and Coffee Shop, Askham
Dié agtermekaar koffiewinkeltjie met sy broekiekantstoep en groen grasperkie lyk meer na iets wat jy op ’n toeristedorpie soos Clarens of Riebeek-Kasteel sal kry as in ’n halfwoestyn.
Ek het ’n vermoede Diamond T is dié plek om te wees op Askham. (Die naam verwys na die rooi Diamond T-busse wat tussen die dorpe geloop het.)
Hier’s die standaardgoeters wat hoort in enige betaamlike padstal, soos biltong, appelkoosblatjang, beetslaai, olywe, beskuit, koekies, konfyttertjies en natuurlik pies. Nee, regtig, dis die soort pasteie waarna ’n mens verlang as jy by die huis is: lam, wild en hoender. Kry een van elk teen R25 per pastei.
Hier’s ook geskenke vir die mense by die huis: roos- en laventelbadsout (dis ín die bad in die badkamer),…