Family Walks in Cape Town
deur Tim Lundy, Struik Travel & Heritage
Tim Lundy, seun van die staplegende Mike wat laasjaar oorlede is, volg in sy pa se voetspore met hierdie gidsboek. Tim se inspirasie was juis die verskeie roetes wat hy saam met sy pa (toe 72) én sy 6-jarige dogter gestap het. Die 30 roetes is maklik en jy kan hulle rustig aanpak – die gemiddelde afstand is minder as 3 km. Die roetes is verdeel in vyf gebiede: Kaapstad-Sentraal, Atlantiese seefront, suidelike skiereiland, suidelike voorstede en noordelike voorstede.
Elke inskrywing het ’n roetekaart, foto’s, ’n gedetailleerde beskrywing, tye en afstande, verdere idees vir pret en ontspanning op pad, belangepunte, en geskiedkundige inligting.
Só het ek byvoorbeeld geleer van ’n warmlugballonvaarder, Isidore Michaels, wat teen die einde van…
