CORDON BLEU-PADSTAL, IRINGA, TANZANIË
Ja, reg gelees: ’n padstal in Tanzanië. Nou nie dat jy elke tweede naweek Dar es Salaam toe ry nie, maar sou jy wel eendag hier verbyry, maak seker jy stop by Cordon Bleu. Dis genoem na ’n skaars soort blousysie, en binne-in kan jy ander ewe skaars goed (in hierdie geweste) opspoor.
Ek het die woord “biltong” op hulle advertensiebord gesien en byna die kar omgegooi. Hulle verkoop ook heuning, botter, kaas, vleis, olyfolie, blatjang, roomys en Suid-Afrikaanse wyne. Die biltong is vrekduur (R240 vir ’n groot pak gekerfde beesbiltong), maar as jy laas in Lephalale biltong geëet het, betaal jy dit met ’n glimlag.
Waar? 32 km wes van die dorp Iringa langs die hoofpad na Dar es Salaam
Kontak 00 255 767 008…