EENDPARADE, VERGENOEGD-WYNPLAAS, SOMERSET-WES
Kyk, ’n mens moenie trompoppies en ’n slagorkes by dié “parade” verwag nie. Dis basies ’n spulletjie eende wat van hulle hok af oor die plaaswerf waggel. Nietemin is die sowat 1 100 eende wat kiertsregop marsjeer, ’n hoogs vermaaklike gesig!
Die Vergenoegd-wynplaas het reeds in 1984 begin om dié eende in die wingerde te laat wei as deel van ’n pesbeheerprogram – die eende is veral lief vir slakke. Ná die parade kan jy jou sit kry onder die koeltebome. Kuier rondom ’n paar Vineyard-kaasborde met onder meer brie, biltong, chorizo, olywe, basiliepesto, hummus en varsgebakte brood (R150) en ’n glas wyn, boetiekbier of tuisgemaakte ystee. Of sit aan vir ontbyt of ’n driegangmiddagete (R250 p.p.).
Op Vergenoegd word gewoeker met allerhande interessante doendinge. Behalwe vir…